Nag van die lang messe

Heinrich Himmler en Ernst Röhm in Augustus 1933.

Tydens die nag van die lang messe (30 Junie - 2 Julie 1934), wat in Duitsland dikwels die Röhm-Putsch genoem word, is die hele topbestuur van die Sturmabteilung (SA) die partyleër van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (NSDAP) vermoor deur die Schutzstaffel (SS) van Heinrich Himmler. Adolf Hitler en sy vertrouelinge wou daardeur hul absolute mag in Duitsland konsolideer.

Die SA leier, Ernst Röhm, is gelikwideer, maar ook prominente lede van die linkse Strasseristiese faksie van die Nazi-party met hul figuurhoof Gregor Strasser, asook prominente anti-Nazi's, soos die voormalige kanselier Kurt von Schleicher en Gustav von Kahr, wat Hitler se Bierkellerputsch onderdruk het in 1923.

Die Reichswehr, nie-Nazi's binne die regering, die Rykspresident Paul von Hindenburg en die Duitse nyweraars was ook van mening dat die invloed van die SA beperk moet word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search